Kerneels Breytenbach lig sy hoed vir die verskuiwing van die seksuele horison in ’n Lyf onthou
Kerneels Breytenbach het hierdie naweek in ‘n artikel in By besin oor die geskiedenis van seks in die Afrikaanse letterkunde.
Hy bekyk André Brink se Kennis van die aand, Etienne Leroux se Magersfontein O Magerfontein en Johann de Lange se Die hemel help ons, maar lig veral sy hoed vir Kleinboer se Kontrei, Brink se Voor ek vergeet en my eie kortverhaalbundel, ‘n Lyf onthou.
“Hulle het die seksuele horison verskuif vir Afrikaanse lesers sonder om terug te deins vir die nagloed,” skryf hy. Dankie Kerneels!
In 1985 het prof. F.I.J. van Rensburg van die Randse Afrikaanse Universiteit ’n boek, Pornografie, gepubliseer waarin hy beweer het dat die Afrikaner se seksuele register nie “byster breed” is nie. ’n Spyker was steeds iets wat ’n mens met ’n hamer in hout vasgekap het.
Pornografie was die neerslag van prof. Van Rensburg, ’n Afrikaanse letterkundige, se diepgaande studie oor die maniere waarop die Afrikaner se seksdrang sig op velerlei maniere veruiterlik het.
Dit is nie die eerste kompliment wat ‘n Lyf onthou van Kerneels ontvang het nie. In die volgende video gesels hy oor sy roman Piekniek by Hangklip (waarin onder meer tantriese sekstonele beskryf word), maar noem ook ‘n Lyf onthou, wat volgens hom “van die beste seks in Afrikaans” bevat.
Kyk die video:

- Laai dit nie? Kyk op YouTube
Boekbesonderhede
- ‘n Lyf onthou deur Riette Rust
EAN: 9781869195489
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment